Koos Kombuis | Bloedrivier

Go To Artist Page

More Artists From
South Africa

Other Genres You Will Love
Rock: Folk Rock World: African- South Moods: Solo Male Artist
There are no items in your wishlist.

Bloedrivier

by Koos Kombuis

Nog 'n regering, nog 'n protesalbum. Want so waar as wragtag, hierdie kak moet nou endkry.
Genre: Rock: Folk Rock
Release Date: 

We'll ship when it's back in stock

Order now and we'll ship when it's back in stock, or enter your email below to be notified when it's back in stock.
Sign up for the CD Baby Newsletter
Your email address will not be sold for any reason.
Continue Shopping
available for download only
Share to Google +1

Tracks

Available as MP3, MP3 320, and FLAC files.

To listen to tracks you will need to either update your browser to a recent version or update your Flash plugin.

Sorry, there has been a problem playing the clip.

  song title
share
time
download
1. Die Fokkol Song
Share this song!
X
5:27 $0.99
2. Hoe Lank Moet Ons Nog Sorry Sê?
Share this song!
X
3:55 $0.99
3. Oumense Moenie In Die Water Mors Nie
Share this song!
X
4:09 $0.99
4. Reconciliation Day
Share this song!
X
5:32 $0.99
5. Mercy Me
Share this song!
X
3:58 $0.99
6. Fat Cat Piete
Share this song!
X
3:12 $0.99
7. Baas Jack
Share this song!
X
3:33 $0.99
8. Die Einde Van Die Reënboog
Share this song!
X
3:08 $0.99
9. Katrina - The Aftermath
Share this song!
X
4:56 $0.99
10. Johnny Is Nie Dood Nie
Share this song!
X
5:32 $0.99
11. Waar Is Mandela?
Share this song!
X
5:18 $0.99
12. Matjiesfontein
Share this song!
X
3:52 $0.99
13. Anderkant Die Longdrop
Share this song!
X
5:45 $0.99
preview all songs

ABOUT THIS ALBUM


Album Notes
Ek het nooit gedink dit sal nodig wees om eendag 'n CD soos hierdie te maak nie.
Ek het nooit gedink daar sal 'n tyd in my lewe kom dat ek kyk na ons land, en wat alles in die nuwe Suid-Afrika gebeur, en vir myself sê: "Ek het daar geen behae in nie."
Ek het nooit gedink dit sal nodig wees om weer die ouens van die Gereformeerde Blues Band te vra om my te kom help met nuwe portes-liedjies nie.
Ek het gedink almal het genoeg kreef geëet om 'n leeftyd te hou.
Maar die onvergenoegdheid het stadig gegroei. Vir baie lank het ek aanhou glo ons is op die regte pad. After all, daar was spraakvryheid, die ekonomie het gegroei, daar was uiteindelik skeiding tussen rokers en nie-rokers in restaurante, daar was skielik soft porn op late night TV soos in Holland, die 4x4-ouens is beveel om op te hou om ons strande stukkend te ry, die Botha's en die Malans en al die ander evil knievels van die vorige dispensasie het hul mag en aansien verloor, ensovoorts.
Nice.
Toe ek so twee, drie jaar gelede begin werk het aan my eerste protes-liedjie teen die ANC, was dit vir my 'n helse skok. Dit was soos om hardop te poep in die katkisasieklas. "Vir wie is ek dan nou weer kwaad?" wou ek verbaas weet. "En hoekom, na al hierdie jare?" My liberale vriende het nie van die liedjie gehou nie. die ouens wat wel van die liedjie gehou het, het om die verkeerde redes daarvan gehou. Ek het die woorde effens versag, maar dit het nie gehelp nie, Toe hou ek op om dit te speel by my shows.
Maar soos die anargie al nader gesluip het op die horison, soos die gloeilampe om ons begin flikker het en doodgaan, en hoe langer die honde geblaf het in die hoeke van die plot, hoe seerder het ek begin kry; en hoe meer het ek hand aan papier geslaan om woorde te soek vir my toenemende verslaendheid en teleurstelling in die Nuwe Suid-Afrika.
Toe het die eerste klompie liedjies gestalte gekry in 'n ordentlike konsert - my eerste rock 'n roll-show met 'n vol orkes in meer as tien jaar by die KKNK. Schalk Joubert was die musiekmeester, die verwerker van die materiaal, die ou wat die musikante byeengebring het en die brein agter die konsep. Die show het geheet" Rockbottom". Gehore was geskok, daar was 'n negatiewe resensie in Die Burger en 'n hooggeplaaste lid van die Menseregtekommissie het gekla.
'n Paar maande later het ons dieselfde show Oppikoppi toe gevat en hierdie keer het ons meer mense voor die main stage laat saamtrek as wat Violent Femmes die vorige aand kon regkry. Daar was 'n rave review in The Star en MK (DSTV) het 'n fantastiese movie gemaak daarvan en dit snags herhaaldelik uitgesaai na die soft porn op die Action Channel.
Mense het begin verstaan. Dit kon ek optel van die groeiende entoesiasme van die gehore dat die tyd reg is vir 'n nuwe soort protes. Goeie hel, g'n mens kan sy bek hou terwyl die bewindhebbers ons so rot en kaal steel nie!
Ek wil graag hierdie CD opdra aan al die Suid-Afrikaners wat suffer as gevolg van die swak dienslewering en die chaos van die Nuwe Suid-Afrika, in die besonder die wat vriende en familie afgestaan het aan die dood. Ek dink veral aan musikante wat dood is op gewelddadige wyses; Gito, Taliep, Lucky Dube...
Ek hoop dat daar in die volgende jare ware leiers (binne en buite die ANC) sal opstaan was sal help om ons land terug te bring van die afgrond. Dan, hopelik, sal die bloed ophou vloei en kan ons die Bloedrivier herdoop na die Rubicon.
Februarie 2008


Reviews


to write a review